Graad 6 / Afrikaans HT
Woordsoorte 
In hierdie les leer jy om verskillende woordsoorte te herken, benoem en korrek in sinne te gebruik.
Selfstandige Naamwoorde
Selfstandige Naamwoorde
’n Selfstandige naamwoord is die naam van iets. Dit kan die naam wees van:
’n Maklike manier om te toets of ’n woord ’n selfstandige naamwoord is, is om te kyk of jy die woorde die of ’n voor die woord kan sit.
Die 7 soorte selfstandige naamwoorde
1. Soortnaam
2. Versamelnaam
3. Eienaam
Nog Voorbeelde
- Viljoen
- Stellenbosch
- Daniël
- Afrikaans
- Kaapstad
- Spar
4. Stofnaam
5. Abstrakte selfstandige naamwoord
’n Abstrakte selfstandige naamwoord is iets wat jy nie met jou hande kan vat of met jou oë kan sien nie, maar jy kan dit voel, dink of ervaar.
6. Maatnaam
7. Massanaam
Kort oefening
Sê watter soort selfstandige naamwoord die vetgedrukte woord is.
1. Die ring is van silwer gemaak.
2. Ek koop ’n liter melk.
3. Viljoen speel rugby.
4. ’n ruiker blomme staan op die tafel.
5. Daar lê sand op die vloer.
6. Die sambreel is rooi.
7. Sy het baie moed getoon.
8. Ons drink water na die wedstryd.
9. Kaapstad is ’n groot stad.
10. Die hond slaap buite.
Byvoeglike Naamwoorde
Byvoeglike Naamwoorde
’n Byvoeglike naamwoord beskryf ’n selfstandige naamwoord of ’n voornaamwoord.
Dit sê hoe iets lyk, voel, klink, ruik of watter soort ding dit is.
Twee soorte byvoeglike naamwoorde
1. Attributief
2. Predikatief
Hier is nog voorbeelde
Vinnige oefening
Identifiseer die byvoeglike naamwoord in elke sin.
- 1. Die groot hond blaf.
- 2. Die kind is vriendelik.
- 3. Ek sien ’n klein voël.
- 4. Die kos is warm.
- 5. Sy dra ’n rooi rok.
- 6. Die man is moeg.
- 7. Die vinnige perd hardloop.
Werkwoorde
Werkwoorde
’n Werkwoord sê wat iemand of iets doen, of wat gebeur.
- Die seun hardbop.
- Die hond slaap.
Die drie soorte werkwoorde
1. Hoofwerkwoord
Die hoofwerkwoord wys die hoofaksie.
Voorbeelde:
- Ek sing ’n liedjie.
- Jan eet ’n appel.
- Ons werk hard.
2. Hulpwerkwoord
’n Hulpwerkwoord wys wanneer iets gebeur of hoe dit gebeur.
Voorbeeld:
- Ek sal leer.
sal wys dat dit in die toekoms gaan gebeur. - Ek kan leer.
kan wys dat dit moontlik is.
3. Koppelwerkwoord
’n Koppelwerkwoord koppel die onderwerp aan ’n beskrywing. Dit wys nie regtig ’n aksie nie.
Dit sê eerder wat iets is, hoe iets lyk, of hoe iets voel.
Voorbeelde:
- Die man is moeg.
is koppel die man aan moeg. - Sy was siek.
was koppel sy aan siek. - Die kind lyk gelukkig.
lyk koppel die kind aan gelukkig. - Hy bly kalm.
bly koppel hy aan kalm.
Vinnige oefeninge
Lees elke sin en kyk of jy die hoofwerkwoord, hulpwerkwoord of koppelwerkwoord kan identifiseer.
- 1. Ek eet brood.
- 2. Sy kan mooi sing.
- 3. Die hond is honger.
- 4. Ons sal môre werk.
- 5. Hy lyk moeg.
Bywoorde
Bywoorde
’n Bywoord beskryf die werkwoord.
Dit sê meer oor wanneer, waar, hoe, hoeveel of in watter rigting iets gebeur.
1. Bywoord van tyd
2. Bywoord van plek
3. Bywoord van manier
4. Bywoord van graad
5. Bywoord van rigting
Vinnige oefeninge
Lees elke sin en kyk of jy die korrekte bywoord kan identifiseer.
- 1. Die onderwyser praat duidelik.
- 2. Ouma kom môre kuier.
- 3. Die hond hardloop vorentoe.
- 4. My skooltas lê buite.
- 5. Ek is baie trots op my uitslag.
- 6. Die voël vlieg boontoe.
- 7. Die leerders gaan vandag swem.
Voornaamwoorde
Voornaamwoorde
’n Voornaamwoord staan in die plek van ’n naamwoord.
1. Persoonlike voornaamwoorde
2. Besitlike voornaamwoorde
3. Betreklike voornaamwoorde
4. Vraende voornaamwoorde
5. Onpersoonlike voornaamwoord
Vinnige oefeninge
Lees elke sin en kyk of jy die korrekte voornaamwoord kan identifiseer.
- 1. Hy speel buite.
- 2. Die pen is myne.
- 3. Wie klop aan die deur?
- 4. Die huis waarvan ek praat, is groot.
- 5. Dit reën vandag.
- 6. Ons gaan skool toe.
- 7. Die kos is hare.
Voegwoorde
Voegwoorde
’n Voegwoord verbind twee sinne.
Groep 1
Groep 2
Groep 3
Vinnige oefeninge
Identifiseer die voegwoord in elke sin.
- 1. Ek eet, want ek is honger.
- 2. Sy leer hard; daarom slaag sy.
- 3. Ons speel buite omdat dit warm is.
- 4. Ek hou van appels en pere.
- 5. Hy is klein, maar hy is sterk.
Lidwoorde
Lidwoorde
'n Lidwoord staan voor 'n selfstandige naamwoord.
Kort oefening
Identifiseer die lidwoord in elke sin.
- 1. Die hond blaf hard.
- 2. 'n Kat sit op die muur.
- 3. Die meisie lees 'n boek.
- 4. Ek sien 'n voël.
- 5. Die son skyn helder.
- 6. 'n Man stap in die straat.
- 7. Die kind speel met 'n bal.
Telwoorde
Telwoorde
'n Telwoord se vir ons hoeveel daar is, of in watter volgorde iets is.
1. Hooftelwoord
Hooftelwoord
2. Rangtelwoord
Rangtelwoord
Vinnige oefening
Identifiseer die telwoord in elke sin.
- 1. Ek het drie appels.
- 2. Sy staan eerste in die ry.
- 3. Daar is baie kinders op die veld.
- 4. Hy is die laaste persoon in die klas.
- 5. Ons het tien vrae beantwoord.
- 6. Die middelste kind lag.
- 7. Min mense was by die park.
Tussenwerpsels
Tussenwerpsels
Vinnige oefening
Identifiseer die tussenwerpsel in elke sin.
- 1. Hoera! Ons het gewen.
- 2. Eina! My voet is seer.
- 3. Sjoe! Dit is warm vandag.
- 4. Ai! Ek het my boek vergeet.
- 5. Ag! Dit is jammer.
- 6. Foei! Jy mag dit nie doen nie.
- 7. Aitsa! Dit was ’n goeie skop.
Voorsetsels
Voorsetsels
Vinnige oefening
Identifiseer die voorsetsel in elke sin.
- 1. Die kat sit op die stoel.
- 2. Ek skryf met ’n pen.
- 3. Die bal is teen die muur.
- 4. Sy praat oor haar hond.
- 5. Die prent hang aan die muur.
- 6. Ons ry per bus skool toe.
- 7. Die seun staan voor die deur.
Oefeninge
Kies 'n manier om hierdie onderwerp te oefen.